Ons het maar eintlik net gemik vir die strand en in die proses 3/4 van die hele Alicante gesien. Alicante is die hoofstad van die Costa Blanca in Spanje maar vir 'n hoofstad is dit baie kompak. Op pad see toe het ons deur Rambla de Mendez Nunez gestap ... Die eerste dag in Alicante was verby maar die beste sou nog kom. Ons hotel was goed geleë, Johan se rigtinghou vermoës was weer uiters skerp, die weer was mooi en Alicante het gelyk na ons tipe plek. Wat meer kan jy vra? ...